Gister het my hele lewe voor my geestesoog afgespeel, want ek het die ou houtkoffer wat nog aan my pa behoort het, uitgepak.
Ou foto’s, notas, kaartjies, briewe, kindertekeninge, resepte in handskrifte wat nooit weer geskryf sal word nie, flenters papier met treffende woorde…
Deur dit alles beweeg hierdie Frannie, van onnosele jongvrou, verby bruid, deur vrou-en-ma-wees, sukkel-sukkel deur woestyntyd, tot nou waar sy as ouma kan terugkyk, wonder, wroeg en mymer…
Dan besef sy opnuut: Oomblikke is daar om gekoester te word.
‘n Klein seuntjie met ‘n blou hempie spring uitgelate in die oggendlug op ‘n trampolien, besig om te spog vir sy gehoor, sy mamma wat op die stoeptrappies sit…
Ouma weet die dag is jonk en fleurig, en dat sy en die dag en die seuntjie teen laatmiddag gaan verlep, maar vir nou beleef sy vreugde.

Ja, koester dit! Partykeer is dit te laat!
Lieflik Frannie, geniet dit baie.
Hierdie Frannie van ons het van ń jong vrou na ń wonderlike volwasse dame gegroei. Een vol lewenskennis, wysheid en liefde.
Una ❤❤❤
Oooo ek weet hoe dit voel om daardie ou “tas” oop te maak en na alles te kyk. Ek is besig om weer uit te sorteer en weg te gooi. Gaan trek na ‘n plasie as alles volgens plan verloop. Gaan eers net ‘n kamer hê om in te bly, so alles moet weg wat kan wegkom. Krap toe tussen my dokumente en kom op my skeibriewe afook die selfmoord papier. Nooit dit eintlik ingeneem toe alles gebeur het nie. Ook nie besef wat alles geskryf en deurgewerk is nie. Selfde met my ouers se klomp dokumente. Baie interessante dinge wat in alles staan. Mooi feestyd vir jou. My blog se spasie is op nou moet ek weer ‘n nuwe een begin of ‘n klomp uitvee om spasie te maak, sug.
As jou huis brand, onthou om jou foto albums saam met jou dokumente en jou nuutste bondel vuil wasgoed te red. Lg omdat dit is wat jy die graagste dra!
Wat ‘n kosbare tas om te hê en te kan deurgaan.
Ek wens ek het n houtkis vol memories gehad. Dit klink so wonderlik!