My kinders in die VSA het getrek en is besig om hulle nuwe huis mooi te maak. Vroeg op ‘n bewolkte Maandagoggend kry ek die mooiste foto’s van my dogter se nuwe stoep. Midnight het klaar een van die katrakke betrek en Diesel dink hy is kaas, daar tussen die bont kussings.


Hoe verlang ek na my kind! Sy laat alles om haar blom.
O, het jy dit ook vanoggend oor katterye? Midnight en Diesel is pragtig. Daai verlange na die kinders leer ons nou almal ken.
Katterye is ‘n oorheersende passie – ek het juis gister saam met my katvriendinne gekuier. Dis mense wat katfoto’s wys soos wat oumas kleinkinders vertoon! Sterkte met daardie verlange, Hester.
Dankie Frannie. As alles goed gaan, sal al my kuikens darem weer onder my dak wees op die 26ste. Ons het hulle lanklaas gesien.
Ag dis heerlik!
Na ons verwelkte pogings Nederland toe, het ons kinders SA toe gekom. Plesier om hulle hier te hê. Jou beurt sal kom Frannie.
Ai en ek wou nog kommentaar lewer daar op jou blog oor al die moeite, en dit tevergeefs. Dis die beste nuus ooit dat julle kinders daar by julle is!
Mooi en kleurvol. Ek hoor jou mammahart. ❤️
Kyk net die kat-kinders!!! Ek kan glo jy verlang na hulle, o, en na die menskinders.
Ag hulle is sulke liefies (katte en mense!)
Hester is reg: “Daai verlange na die kinders leer ons nou almal ken.” Ek wens dit was nie so nie! Alhoewel … my Kaapstad familie sal Woensdag aan hier wees 🙂 🙂 🙂
Dis heerlik – geniet hulle daarwees!
Dis so mooi! Ek verstaan jou verlange, Frannie.💕
Dieselfde bootjie, ne ‘Bytjie.
Ja. Dis erg.
Handsome cats, pretty sofa. Great post.
Thank you, Alison! Those cats were my sweet companions when I had to stay longer than planned in the USA last year.
Ag dis te lekker om so huis op te sit. Katte lyk in hul noppies met alles. Kan glo jy verlang nou dommer baie as jy hul so sien.
Erge verlange hier….lees dit raak tussen die katfotos. Hoop jul sien mekaar gou weer….😘
Daardie blom kussings is die perfekte agtergrond vir Diesel se foto! Ai, die verlange … myne is nou weliswaar nie na kinders nie, maar na my broer en sy familie in Engeland. Het hulle so lanklaas gesien en hierdie tyd van die jaar is die verlange erg 😔.
Dankie vir die steun op die Beatles … dit voel soos ‘n leeftyd gelede en dit is! – groetnis, willem
Dankie vir die steun vir “Advertensies”, Tannie Frannie. Groetnis – willem
Dankie vir die steun. Dink laat my dink, hierdie stuk. – groetnis, willem