Volgens die Griekse filosoof Plato bestaan daar van alles ‘n enkele perfekte idee, wat dan op verskillende maniere minder geslaagd in die werklikheid vergestalt word. Maar ek was by ‘n Mosambiekse restaurant oorkant Bilene langs die strandmeer, waar die perfekte idee van ‘n kaasburger verwerklik word.