Die Goue Vroue is ‘n handjievol Suid-Afrikaanse vroue – oud en jonk – wat lief is vir skryf. Ons is geanker in die werklikheid, maar spoor mekaar met bloguitdagings aan om te fantaseer. “The Talking Stick” dien in hierdie geval as inspirasie tot wonderbaarlike stories…elke Goue Vrou kry haar beurt. Hierdie rondte pak ons in alfabetiese volgorde aan.
Dit werk so: as jy die praatstok vashou is dit jóú beurt! Jy praat en die ander moet luister sonder om jou in die rede te val. As jy klaar is met jou storie, gee jy die praatstok vir die volgende persoon aan. (Hierdie konsep is deur Stephen en Franklin Covey in hulle kursusse tot meer effektiwiteit benut om empatieke luister te bevorder).
Volg hierdie skakel as jy ons Goue Vroue se stories in volgorde wil lees:
https://fresh.inlinkz.com/party/fe16b378ba494670a41c59177986b352
Frannie is nou so deurmekaar – sy het sopas ‘n surrealistiese ervaring gehad, deur die kommentare op die vorige uit-die-beurt-blogs van Una, Woordnoot, Toortsie en Seegogga te lees NADAT sy reeds haar eie treurmare gepos het!
Sy wil graag twee dinge sê: 1. Askies vir die misplaaste vertroue wat julle in haar gehad het dat sy mooi broodjies gaan bak en 2. Dankie dat julle haar skoon van haar terneergedruktheid laat vergeet het.
Sy dink julle is baie oulik (al is dit ‘n onbegonne taak om die konsep van die Goue Vroue te verduidelik).
Dankie, Trommeltjies, die praatstok is nou rêrig aan jou oorhandig 😘
Frannie, net ons wat Goue Vroue is, sal dit verstaan. Ons kan nie in n blik gesit word nie
Appeltjie, jy is soooo reg!
So praat ń slim vrou vol insig!
😁🥂😂
So bly die son skyn weer daar by jou, Frannie! Gelukkig verstaan ons “Goue Vroue” Maar verstaan ons die tekort aan broodjies? TOORTS! Toemaar Frannie, Toorts was mos besig in die kombuis voor die storm ons getref het. Ek glo haar kossies is al gaar. Sy gaan ons nou-nou bederf.
Maar toe tref die storm ons en daar gebeur vreemde goetertjies in die kombuis en en en ag nou kan ek nie onthou wat alles per ongeluk in die tert gebeur het nie.
Daai tert het net verdwyn…..ek weet voor ek flou geword het jy was besig om iets in te klits, ek dink dis die klitser se bewegings wat my brein gedisconfoculate het…
Mmmm
Is dit nou “mmm” soos in “njammies”, of “mmm” soos in “ek wonder darem”?
Mmmm, sê jy???
Mmmm mmmm mmmmm 😊🥂
Seegogga, vertrou ons regtig vir Toortsie om broodjies te bak? Ek weet darem nie so mooi nie.🙈🤔
Nee man, sy was mos besig om tert te maak. Ons kan dit eet tewyl ons wag dat tannie Frannie vir ons mooi broodjies bak.
O gaats. Hier kom moeilikheid. Laas toe daar goed in die tert by die toweropstal gekom het, ….
En by die eetgoed by die Abba konsert?
Ja sowaar! Skoon daarvan vergeet!
Presies.
Frannie….ons is net bly dat die petaljes jou opgebuer het. Daar is niks wat mense so oplig en laat lag soos die Goue vroue as hulle aan die rol is nie…..nou nie rol soos in letterlik nie…Jy verstaan mos wat ek bedoel
Jaa, maar as ons so aanhou tert eet… Ek dink nie ek gaan nog broodjies ook bak nie (aha, lekker verskoning!)
ja nee….my heupe kan nie als hanteer nie
🤔🤔🤔😳 Ria, na wie pressies verwys jy nou hier?🦭
Na myself Unatjie….het jy al gesien hoe naby is ek aan letterlik rol???? Kan mos nie nou Pilates met die seer rib nie…..
Kyk ek voel juis so sleg, my buffie pas net om my een bo been. So nou sê ek niks meer nie.
Terug pieng: Nou is dit regtig my beurt – toortsie.com