Ouma koop Gabby (7) met YouTube op ouma se rekenaar om, sodat sy stil sit terwyl ouma haar verskriklike lang en deurmekaar vlegsels oorvleg. Ons sien ‘n pragtige pophuis op die skerm.

Ouma: “Ek wens ek het geld gehad om daardie pophuis vir jou te koop.”

Gabby: “Ek is net bly ek het jou.”