Joshua het ‘n springkasteel in sy kamer gebou: sy blou kombers gespan oor die bed, tafeltjie en ‘n boks, met ‘n staanwaaier wat lug onder inblaas sodat die kombers mooi “opblaas”.

Toe (darem met sy toestemming) breek sy mamma die hele kontrepsie af om sy kamer skoon te maak.

Nou bou hy weer van vooraf aan sy springkasteel, maar dit sukkel – dan gly die kombers aan die een kant af; dan aan die ander kant. Ouma, wat plegtig genooi is om te kom kyk, wil help, maar word met ‘n onweerswolkgesiggie afgeraai om hoegenaamd aan enigiets te vat.

Joshua, aan homself: “Hoekom is ons in so ‘n mood vandag?”