Sy gryp die dokument in haar rekenaarbek en skud dit verwoed; lê op die loer vir swakplekke en kou-kou dan fyntjies om vat te kry.

Die rooi ink van Track Changes vloei en uiteindelik los sy die lêer: spoegerig tot ‘n beheerbare bolletjie gekou.

Dit sal nooit weer dieselfde wees nie…