Gisteraand kom kuier my dogter by my in haar eie huis; wanneer hulle werk, bly sy en haar man op die kampus by hulle “student home”. Ons sit by haar ronde tafel, drink saam tee. Die kersboom is nog nie afgeslaan nie (ons kry dit net nie oor ons hart nie!) en strooi sy sagte lig oor die gemmerkat wat op haar skoot lê en liefderik gestreel word. Later werskaf sy in die badkamer wat sy besig is om te teël; die indrukwekkende skrapertjie waarmee sy oortollige sement verwyder, maak stomptandgeluide. Ek speel elders op die rekenaar. Laataand neem ons met ‘n innige drukkie afskeid, rustig in die wete dat ons mekaar oor die naweek weer gaan sien. Kosbare samesyn, wat ek diep in my hart wegbêre…
Ja die kosbare oomblikke is om te bêre in jou hart.
Ek maak so – gelukkig is daar altyd plek in mens se hart.
Ek dink so baie aan jou daar ver en al jou hier in Suid-Afrika lewe. Liefdegroete.
Hoe waardeer ek dit!
Ek besef dit elke dag… hierdie Covid realiteit steel baie by ons, maar die ekstra tyd met ons mense is die grootste geskenk ooit. Geniet jou kind liefste Frannie. Geniet die tyd.
Vir seker! Hoe gaan dit met jou? En met jou dogter?
Dit gaan goed met ons albei, dankie Frannie!
Ek is baie bly om dit te hoor.
Such times are very special indeed. DIt is belangrik om sulke tye te onthou.
Vuurvliegie van Lekkervurig noem sulke tye “onthou-houtjies vir oudag se vuurmaak” – is dit nie treffend nie?
Beslis ‘n wonderlike beskrywing 🙂
Lieflik. Inderdaad.
Geseënd is ons, nè Christa.
Ons is.
Dis lekker om sulke intieme tydjies in jou hart te bêre sodat jy hul weer kan oproep as jy weer terug in SA is. Geniet elke oomblik. Klink of jou regtig gelukkig en tevrede is. Alles kon soveel anders uitgeloop het.
Watter heerlike onthougoed maak jy nie bymekaar nie
Dit maak mens se liefdes tenk vol🥰
A geniet die onthouhoutjies terwyl jy daar is. Ons hoop jy kom een vd dae terug SA toe, dan kan jy d onthouhoutjies saambring
Frannie ❤️
Jy gaan heerlike herinneringe hê Frannie.
Diè spesiale tye saam met jou kind, jy gaan dit vir altyd kan koester, Frannie.