Skemeraand op Thanksgiving het V se vriendin (Tucker se nooi) spesiaal ‘n hele ent gery om vir my “a full turkey dinner” te bring, kompleet met pumpkin pie as nagereg. Dit nadat hulle ‘n lang en woelige familiefees by haar skoonma deurgebring het en ver moes ry met drie dogtertjies en ‘n hond in die motor, om weer tuis te wees.
Daar was ‘n massa kos, sorgsaam in papierborde verpak en met foelie toegedraai, saam met ‘n plastiekhouertjie sous:
Skywe kalkoenvleis, vulsel (die soort wat dressing genoem word), kapokaartappels, mieliepitte, gekerfte boontjies, broccoli met kaassous en Amerikaanse macaroni-cheese, gemaak met sulke piepklein elmbogies pasta. Dan ook nog biscuits, ‘n eienaardige deegbedryf wat aan skons herinner; dit word oopgebreek en met sous toegegooi.

Ek het geëet dat ek amper bly lê het! Maar die pumpkin pie was ‘n erge teleurstelling: ek weet nou vir seker dat ek wel skrik vir koue pampoen…
Ek het nog altyd gewonder oor hoe “pumpkin pie” proe, Tannie Frannie, synde dat pampoen nog nooit my gunsteling dis was nie (my hare krul genoeg, dankie). En ek vertrou jou oordeel genoeg dat ek nou nie meer wonder nie. 😀
Janee, Dries, hou liewers verby, maar maak seker jy kry ‘n stukkie apple pie en cherry pie – dit is meesterlik lekker!
Altwee nou op my lysie, dankie Tannie Frannie!
Interessant hoe smake verskil. Vir my was kalkoen nog nooit lekker nie. Ek het al pampoentert hier in SA geeet- as deel van die groente op jou bord. Heel lekker. Amper selfde smaak as pampoenkoekies, net die tekstuur verskil.
Pampoentert en pumpkin pie is so ver verwyderd soos die ooste en die weste. Hmm, iewers is daar ‘n diep filosofiese mymering oor die hart en siel van vertaling versteek – dit sou selfs ‘n verhandeling kon afgee!
Ha ha! Ja Frannie. Dalk kan jy daaroor blog!
Laat my dink aan die fliek: “Fiddler on the roof” – “Tradition”!
Wat ‘n ervaring! Ek het ook nog nooit ‘pumpkin pie’ geproe nie, maar hou wel van pampoenkoekies (warm!).
😄 Ek is mal oor Suid-Afrikaanse pampoendisse en mis goeie ou boerpampoen erg.
Pumpkin pie has never appealed to me; way too sweet. And turkey? Nah. But: each to their own.
Pumkin pie volgens wat ek geëet het, is heerlik. Amper soos pampoenkoekies op grootmaat.
Nou is ek honger…. en dis vêr te laat vir kos. Is nou nuuskierig om pumpkin pie te probeer.
Askies, kameel. Ek was al dikwels en veral laataand honger geskryf deur die bloggers! Appeltjie sê dis lekker…
Ek het toe maar drie Lemon Creams geeët om die honger te stil. Hou ‘n pakkie hier in my bedkassie aan juis vir sulke uit die beurt uit belustigheid.
Oe, hoe lus maak jy my nou vir ‘n Lemon Cream! Hier is net Nutter Butters, sulke grondboontjiekoekies…
Frannie….ek maan n mean pumpkin pie. As jy terug is in SA maak ek dit en ek belowe jou idee van koue pampoen sal in met die eerste happie verander!!
Dis ‘n date!
Done!!!
Fran, verlang jy al bietjie na ons tipiese Afrikaner kos??
Strykdeur, Una – vandat ek hier aangeland het en nou eers!