Vir Letty-Ann en Kameel, want hulle het gevra
3 k outydse hawermout (Jungle Oats behoort goed te werk)
1/2 k bruinsuiker
2 tl bakpoeier
1/2 tl sout
2 eiers
1 + 1/4 k melk
1/4 k kookolie
1 tl vanielje
1 blikkie perskeskyfies, gedreineer en opgekap
1 k vars/bevrore bloubessies
1/3 k grofgekapte okkerneute
- Meng hawermout, bruinsuiker, bakpoeier en sout.
- Klits die eiers, melk, olie en vanielje en voeg by die droë bestanddele. Meng en laat 5 minute lank staan.
- Roer die vrugte by.
- Plaas in ‘n gesmeerde vuurvaste bak en strooi die neute oor.
- Bak sonder deksel @ 180 grade vir 35-40 minute, hou dop dat dit nie brand nie.
- Bedien met melk (en bietjie suiker) indien verkies.
Goeiemôre! Baie baie dankie.Dis jou waarlik dierbaar. Dankie vir al die moeite om die resep vir my te e-pos. Groete Letty-Ann
Hi Frannie. ek het nou net vir die resep gevra maar sien dit is op.
baie dankie