Gabby – môre is jy sewe jaartjies oud. Ouma besef vanaand dat sy al ses jou vorige verjaarsdae saam met jou en die hele familie kon vier! Maar môre is ek baie, baie ver weg…

Liefie,  my wens vir jou vanjaar is dat jy meermale so gelukkig sal wees soos op hierdie foto wat jou pappa nou-die-dag vir my gestuur het.