Frannie sit in haar ivoorbaksteentoring, kyk uit oor die dorpsmeent. Sy sukkel om aan die nuwe uitsig gewoond te raak. Sy mis haar buurvroue in Towerinstraat 6 en 8, die huisies staan mos nou in ‘n wye kring om die meent. Sy weet nie mooi wie is nog daar en wie het Rebusfontein die rug gekeer nie. Sy huil deesdae nog makliker as gewoonlik. Frannie hanteer verandering glad nie goed nie!
Diep sug die vrou daar voor die venster. Dit raak al hoe moeiliker om in ontkenning (van die ouderdom) te leef. Die jonges se tempo hier op Rebusfontein put haar uit: as sy nog oor een onderwerp dink, huppel hulle reeds rondom ‘n tweede, selfs ‘n derde uitdaging. Sy kan nie bybly nie, sy is moeg.
Lelik kom spring op haar skoot en gaan lê saggies, die een voorpootjie uitgestrek, stert netjies om die lyfie gevou, om Frannie met haar gerusstellende spingeluid te troos. Ringo die towerhond is weg, daar is niemand meer om vir Lelik te tolk nie. Tog begin Frannie verstaan wat die ou wit kat vir haar wil sê:
“Nooi, ek weet hierdie huisie en hierdie plek en hierdie mense is vir jou baie belangrik. Ek weet jy kom hier wegkruip vir jou deurmekaar lewe. Moe-nou-nie moedeloos raak nie. Skryf jou skrywe en lees jou lese teen jou eie tempo. Jou huisie het nou nog nie amptelik naam gekry nie? Nou maar géé dan daai naam, newwermaaind of jy laat is!”

Al weet Frannie die ou kat hou nie daarvan om gedruk te word nie, gryp sy die lyfie vas. Vererg wriemel Lelik haar uit haar simpel nooi se arms uit, ruk haar stert iesegrimmig op en spring rats teen die wenteltrap af. “Ek gaan nou vir eers weer terug Petooria toe, my nonnatjie daarso gee my nat kos!”
Frannie loop deur haar sitkamer, kyk lank na die waterverf “Reën oor die Wes-Transvaal” teen die muur, haal haar Bali-eend met die pienk hotpants van die kaggelrak af en streel oor haar kolletjieskeil.

Sy dwaal na die kombuis waar haar geglasuurde kleipotte op ‘n spesiale rakkie staan, maak ‘n kasdeur oop om seker te maak die nommerpas-glasbakkie vir jellie is nog daar. Op die eerste verdieping kyk sy na die kleurvolle aandrokke in die ou houtklerekas – skulppienk, skelpienk, bleekpienk-en-swart, helderpers met blinkertjies, smaraggroen, mosgroen, liggeel…
In haar dakslaapkamer kyk sy weer oor die panorama van Rebusfontein uit. “Huisie van my hart, vol van my onthougoed, jou naam is Toringhuisie.”

Tannie Frannie,wat ‘n toweragtige naam: Toringhuisie! Dis beslis ‘n huis met ‘n lieflike uitsig oor Rebusfontein. Net die plek om mens se lang vlegsel te laat afhang sodat jou ridder op sy wit perd jou kan kom haal vir ‘n avontuur so af en toe.
My hare trek nou al by skouerlengte – een van die dae gooi ek daai vlegsel by die venster uit!
Hie-hie.Ek het my langerige hare in ‘n opskeerbob laat sny en nét ek (en my vriendinne) hou daarvan.Die manne het my subtiel daaroor aangespreek. Às jy sny,moenie dit té kort in die nek laat opskeer nie ( en my arme haarlyn is sterk in die nek.)
manne en lang hare – wat is dit met hulle? Ek het daardie selfde opmerking gekry. Gedink ek lyk lieflik jonk, maar moes gou hoor, daardie geskeerde neklyn is hard. Newwermaaind dat bokant toe is alles 1 lang lengte. Blykbaar vat dit nie lekker niel
Dankie tog,Appeltjie.Jy laat my soveel beter voel.
Hoe geniet ek nou hierdie gesprek oor manne en hare. 😁
My man soek weer kort hare, vertel dit laat my jonger lyk. Hier in Qazaqstan soek ek hulle lank. Dit hou nekke warm waar ysvingers wil vat. Wys toe?
Ek is seker ons gn ook daarvan hou.
Dankie,julle is my GOUE vriendinne🎖
Liewe Frannie, ek voel ook so oor my Rebushuisie. Hy het na die dam toe geskuif, maar hy is ook steeds nr 10 Towerinstraat. Ek wetie hoe dit werkie, maar hy is, al is dit net in m gedagres. Ek mis dit om n die straatjie af te stap, ek mis Lrenzo se koekies en Camilla se helder laggie. Ek vdog ons toer nog met die tent toes ons in n grot by n kwaai, maer koningin. Ek dog ons moet vertel hokom ns towerinne is- of moet ons vertel hokom ons goud is- of ekom dai andr goud is, of…. nee nou’s ek heeltemal deurmekaar. Miskien moe ek net partygoed skip en saamdryf tot dit hier lente word. Maar nou eers warm bed toe. Mikienbkan ons more bietjie op my stoepie kom teedrink. Ek het nog n bietjie vrugtekoek in die spens. Ons moet so gou moontlik n mooi jonge man kry wat vir ons kan koekies bak. En wonder- wat van JAN?
Seegogga, ons toer net die tent en gly af in die tobbel en hou partie in Rebus en en en. 😊 Lekker, man!
Oe ek is mal oor vrugtekoek! Goeie plan, kyk of jy vir ons ‘n JAN kan organise. Lekker slapies daar in die koue.
Ons sal iets moey uitdink
In Rebusfontein kan mens in ‘n straat afstap, al is dit in ‘n sirkel. Jou nommer bly jou nommer al het ons nou ‘n naam. Ons is towerinne, ons mag maar. My nommer kan ‘n 9 of ‘n 6 wees, hang af van hoe dit om die spyker draai.
Altwee my bure is weg. 😢 Ek kan gou alleen voel. Maar jy en Frannie moet gou ‘n glasie Frangelico sluk en dan moet julle gou maak en afgly in die tonnel. Ons het julle nodig daar en ons moet klaarkry met wonderland sodat ons kan toer. Praag wag!
Maak so!
Jy moet die goud in iemand anders sien. En ons het jou nodig om die koningin se plek mooi te maak.
Toringhuisie! Hoe dan anders? Liefste Frannie, soos jou liefiekat sê, hier doen jy dit teen jou eie tempo. Ons is lief vir jou. ❤️
En ek vir julle!
Ek dink jy en Seegogga moet net ‘n glasie Frangelico stadig drink en dan afgly in die tonnel sidat julle by ons kan uitkom. Ons het julle nodig daar.
Ai Frannie, jy skryf nou presies hoe ek ook voel. Dis nie meer soos van ouds nie. Die vooruitgang en herorganisasie smokkel ook met my kop. Ek voel ongemaklik in die “vreemde” en soos jy sê nou vlieg ons in n tent, dan land ons in annerland en dan gebeur Alice in wonderland en en en. Nee wat Modernisering is goed in n mate maar as mens ouer word wil mens rustig kan sit en terugblaai in die herinnering.
Liewe Scrapy, ek glo graag ons kan maar elkeen ons eie ding doen, dit sorg vir verskeidenheid ;0)
En ek is gek daaroor, dit hou my kop besig. Om nie te dink nie. Maar dit gee my elke dag rede om op my vriende se blogs te gaan boer. Om te sien wat hulle met die uitdagings maak. Ek voel ook ons is besig, maar terselfdertyd help dit om tyd te laat omgaan. En tyd is ‘n wonderlike ding.
Skoolhou het my lewe oorgeneem. My towerinne, Rebusfontein, die tent, ons stories gee my kans om NEE te sê vir werk. Bietjie balans in die lewe te kry. Ek kan ‘n werkholis wees. Nou moet ek sorg dat my geliefde langs my nie afgeskeep word vir die vriende in my blog- en toorwêreld nie. 😜
Daai is natuurlik baie belangrik.
Is ook waar.
Liewe Frannie, ek is so jammer dat dit jou deurmekaar gemaak het. Hierdie is die mooiste skrywe, en ek het jou so baie gemis. Ek het aandeel in jou deurmekaar voel, daarom moet ek verduidelik. Die skuif van ‘n straat na ‘n sirkel met name vir die huisies het sin gemaak omdat ons nie daaraan herinner wil word dat daar mense is wat Rebusfontein verlaat het nie. Vir sommige mense woon die feëtjies in daardie huisies, en dit is goed so. Want vriendskappe kan seker nie so maklik doodloop nie? Die name vir die huisies het sin gemaak omdat ons nie geweet het wat om met nommer 16 en 18 te maak wat gegee is, maar nog nooit bewoon is nie. Die twee nuwe inwoners het huisies nodig gehad. En ek het nog nooit buurvrouens gehad nie. Toe word 16 en 18 hulle sin, maar dit is eintlik ook ander mense s’n. Wat kon dink dat hulle nou uitgegooi is. My huisie is steeds nommer 17, sal altyd bly. Maar, nommer sewentien kan rondskuif om langs die huisies te gaan staan waarin daar op die oomblik inwonders is. Want haar baas is alleen in Qazaqstan. Alleen en sonder bure in Rebusfontein maak die alleen net nog meer alleen. Iets soos dit. Weet net dat ek jou verskriklik baie gemis het. En dat ek verskriklik dankbaar is dat jy op die dorpie is. Ek kom die naweek kuier. By jou.
Die groen teepot staan reg vir ons, ek sien uit na jou kuier. Ek is innig dankbaar dat ons nog hier kan woon, in ‘n sirkel om die meent.
Ek ook, Frannie, mens se vriende ken nie jou omstandighede nie, mens vertel mos maar op die blog wat jy bereid is om te vertel. In Rebusfontein het ek spesiale vriendinne ontdek, mense wat vir mekaar omgee. Iets wat ek nie in die werklike lewe hier in Qazaqstan kry nie. Vriendinne waarmee ek sommer net oor alles kan gesels nie. Die wat ek hier het, behalwe vir Mia, is my man se kollegas se vrouens. En dan is mens baie versigtig oor wat jy sê. Selfs dink. In Rebus kan ek ontspan.
Kan ek ook kom kuier? Ek sal dariecorige stukkie vrugtekork saambring
en jou tekengoed. Dan hê ons ‘n kreatiewe sessie terwyl ons giggel en kan jy dalk die misterie van kleurgebruik vir my ontrafel.
! Okie my sterkpunt ni, maar id natuur pas al die kleure .
Ek bring bantingkaaskoek
Dankie sat jy my op die regte pad hou
Dis so lekker!
Jy het eerste die kuier aangebied sien ek toe ek boontoe lees. By jou of by my?
Ag kom maar eers hierheen. Ek het gedog ons kuier eers by my en dan weet by jou. Want ons hou mos van kuier!
Awesome, ek wil dit in hierdie land voorstel. Koffie by die een se huis, koek by die ander een se huis en so aan. Sien uit, ek gaan dit so doen.
Toringhuisie, dit sê so baie van jou en ons heerlike onthoue saam, Fran. Ek is ongelooflik bly jy is in Rebus, en ek weet sommer die liefde waarmee jy toegegooi gaan word, gaan die verlange ń klein bietjie lig.
Amen.
Jou huisie mag ook nog net daar staan en bly soos dit altyd was. Ons het sommer net ons huisies bietjie lug gegee, geverf, ens. Myne lyk nog nes altyd en het ook nie regtig ‘n naam nie, behalwe vir die paar goetertjies wat ek saamgebring het van ons tenttoer af, soos die donkie, windmeul, ens. Kan nou nie meer onthou wat ek alles gebring het nie. Fiets. Man, tipies daai goed wat jy koop as jy oorsee is en as jy by die huis kom, nie weet wat om daarmee te maak nie.
Dis hoekom ek ‘n DEURKLOPPER in Montpelier gekoop het🤩
En wat het jy toe daarmee gemaak?
Kyk op my voordeur…die koper handjie🤣
🥂
Frannie, ek so bly nog mense deurmekaar, ek weet ek so met sterkant vorentoe gebore en so laat staan, so gedink is net ek. Ek skryf en lees soos ek brei, knit one slip one. Ek het verskriklik skuldig gevoel en gedink ek gaan nou maar sê ek wil nie meer blog ens nie en toe besluit ek net ek doen op my pas. As dit iemand pla, hoop ek hulle het lekker koppie tee (of glas wyn) sodat hulle daaroor kan kom. En die wonderlikste ding het gebeur, niemand mind nie. My ousus het tot my karavaan getrek,en ge- decorate,lol. En ek dink dit is wat vir my so great is van hier wees, al gaan dinge woes vinnig en dan is ons in ‘n haas se gat (klink nie goed nie), en dan is iemand se kop af en dan is daar broodjies en tee en wat ookal, maar almal is okay daarmee. Hier het ek regtig geleer : there is no comparison between the sun and the moon, they both shine when it is their time. Soms voel mens soos die son, soms soos die maan en dis okay. Ek dink Lelik het jou great raad gegee,xx
Ai maar dis lekker om jou hier te sien!
🤗🤗🌻🌻 ditto