As ek geweet het dat ek eendag in die verre verskiet so baie vrye tyd sou hê dat ek sou kon lees totdat die letters by my ore uitpeul – sou ek minder laatnag in die bad gesit en lees het en meer nagrus ingekry het? Kan nie eens meer onthou wát ek destyds gelees het nie – behalwe daardie een boek van Terry Pratchett wat ek, half aan die slaap, in die water laat val het…

Jaja, ek weet: “Hier beneden is het niet,” maar is dit te veel gevra as mens na net so ‘n bietjie meer balans in die lewe smag?

‘n Bietjie meer rus en vrede vir die besige mammas en ‘n bietjie minder suisende stilte vir die alleniges…

‘n Bietjie minder verpligtinge vir die werkendes en ‘n bietjie meer verantwoordelikheid vir die afgetredenes…

‘n Bietjie minder inperking en ‘n bietjie meer kuiers saam met rêrige mense…

Ag, en as ek tog net al daardie opgegaarde pampiere in SA hier by my gehad het, sodat ek hulle nou rustig en sonder onderbrekings kon uitsorteer…kon huil oor die foto’s van vergange jare, kon glimlag oor vreugdes en die oorblyfsels van nare herinneringe kon verbrand… Maar nouja…

Photo by Engin Akyurt on Pexels.com