Eenvoud:

Midde-in die prag en praal van ‘n wondermooie katedraal staan ‘n enkele sanger voor ‘n enkele mikrofoon. Naby hom, ‘n paar treë se marmervloer weg, sit ‘n gryskop-orrelis voor die klawers van een van die grootste pyporrels ter wêreld. Hemelhoë loodglasvensters strooi kleur oor die leë ruimte en ek luister in verrukking na die liedere wat uitstroom oor die hele aarde; sien die leë stede – Milan, Parys, Londen, New York; hoor die dawerende stilte van ‘n wêreld wat tot stilstand gekom het, in plaas van dawerende applous…

Ora pro nobis