Sondagoggend sing ons “Mighty to Save” en “Oceans”, begelei deur ‘n elektroniese klawerbord, akoestiese kitaar en ‘n trompet wat sagweg soet draaie deur die note vleg.  My meisiekind se mooi sterk stem smelt saam met die lieflike sang van die musiekonderwyseres in die ry net agter ons en my hart blom oop van dankbaarheid…