Julle, Kameel het my genooi om die volgende aflewering in ons kluisenaarstorie te skryf. Maar ek sukkel, want ter wille van my storie moet ek weet wie die Rebusfonteinse dier Harpie geskep het en watse soort magiese kragte hy het. (As ek reg onthou, is hy ‘n arend?) Kan iemand my groot asseblieftog help?

Verder het ek ook ‘n vrywilliger nodig wat bereid is om die storie na my eie poging verder te voer – hoe lyk dit, sien iemand kans? (Una, Trommeltjies, Bondels, Woordnoot, Positief, Hester en Kameel het reeds geskryf.) As ek dan nou uiteindelik my gedeelte pos, gaan ek jou naam noem as die volgende skrywer.

Ummm – dankie by voorbaat…