10 November is my pa se geboortedag. Hy is 44 jaar gelede al oorlede, maar my herinneringe aan hom bly vars en helder.
Hy was die enigste man wat my onvoorwaardelik en inniglik liefgehad het. Aan hom het ek my Godsbeeld te danke: die beeld van ‘n liefdevolle, sorgsame Vader, ‘n beeld wat my steeds staande hou as die lewenstorme woed.
Ek sien nou nog hoe my pa die tuinslang gevat en die stadsroet en stof van my splinternuwe karretjie afgewas het, die eerste naweek toe ek met daardie rooi Volkswagenkewer by die huis gaan kuier het. Lank voor dit, toe ek nog ‘n kind in die huis was, het ek eendag op hom afgekom waar hy besig was om ‘n taai kol op ons motor se agtervenster met ‘n natgelekte vinger af te vryf. Half verleë het hy verduidelik: “Spoeg help vir alles.” Ek het daardie wenk met my saamgedra en dikwels toegepas, as ek ‘n gekneusde duimpie gesuig of die krapmerke van ‘n kat met spoegies gedokter het.
My pa was gesinsman en versorger. Hy het my mammie op die hande gedra. Nege en twintig jaar lank het ek geglo dat ek ook in ‘n goeie huwelik geborge was. Toe nou níé…
Ag Pappa, spoeg help nie vir ‘n seer hart nie!
Drukkie Frannie.
Dankie, Abrie – ‘n drukkie help wel!
Jy het die voorreg gehad om God verveeld in jou pa te hê. Baie mense het nie daardie voorreg nie. Vir sulke mense het Floyd McClung die boek “The Father heart of God” geskryf.
Dis hartroerend geskryf, Frannie…’n drukkie vir jou!
Dankie, ‘Bytjie
Frannie ❤️
Ek waardeer dit, liewe Toortsie
*Drukkie* ❤
Baie dankie vir my drukkie!
Drukkie Frannie ❤
Dankie Aletta
💕
Ek smeer ‘n bietjie spoegies aan jou hart….dalk help dit net vandag!
Dit het beslis gehelp, want gister was regtig ‘n goeie dag!
Ag ek is so bly…sien jy…Pa se raad is altyd die beste raad❤
My drukkie kom bietjie laat ❤ maar hy is opreg bedoel vir daardie seer wat nooit werklik weggaan nie.
Jy verstaan so goed dat dit deel is van elke dag se bondel optel en dra…
Sterkte… goeie herhinerringe.
Net so btw… ons jongste se verjaarsdah is ook 10 November!