Bo-Karoo

Stories uit die Bo-Karoo is afgelewer. Presies 3 maande na my eerste navraag aan CLF ivm selfpublikasie.

Dieboek

Die volle oplaag boeke word beskikbaar gestel om fondse in te bring om Vanwyksvleiers te help. Kontantvloei, totdat dit weer sal reën en hulle uit die as kan opstaan, is by baie boere ‘n groot krisis.

Met jou aankoop van die boek, help jy om iemand in Vanwyksvlei in nood te help. Baie dankie dat jy wil meewerk aan hierdie projek.

Soos wat die kerk in die voorgrond op die omslag van die boek sentraal in die prentjie staan, so probeer ons en ons geloofsgenote om ons geestelike broers en susters in Vanwyksvlei te help om staande te bly.

Die boek kos R339.00 en sluit posgeld in. Dit beslaan 300 bladsye, gepak met 126 stories en 50 kleurfoto’s van Vanwyksvlei, sy mense, sy omgewing en van gebeure die afgelope tyd sowel as uit…

View original post 362 more words