Sondagoggend. Ouma lê taamlik moedeloos op haar bed – haar halfhartige poging om by die kerk uit te kom, het klaaglik misluk. Haar kleindogtertjie (haasbekkie, amper al ses jaartjies oud) kom by die deur ingewaai. “Squishy, squishy!” gryp sy ouma se pap bo-arm met altwee handjies en druk so saggies – dis ‘n ou speletjie van die twee. Skielik hou sy op, kyk diep en ernstig in haar ouma se oë: “Ek hou baie van jou. Jy is die middelpunt van my hart.”
In die oomblik – Sondagoggend
06 Sondag Okt 2019
Posted Uncategorized
in
Dis ongelooflik dierbaar. 💕
Ag Frannie…💖💖💖
Netso en onverwags! Dierbaar
Kosbaar
Hoe wonderlik!
Die allerhoogste lof! ❤
Is dit nou nie iets om enige een se hart te versag nie en om sommer op te hou moedeloos voel nie. Jy mag maar moedeloos voel. Sulke kindertjies en jou huis diere kyk diep in jou hart en weet hoe jy voel. Gister kuier Bea en familie en n klein seuntjie en sy familie hier. Beste van alles was hul het dit so geniet hul wil by ouma bly of saam met ouma ry as sy gaan ry. Bea was woedend kwaad vir my omdat sy nie kan bly nie en wou net lelik met my wees toe ons groet. Pa wil dan nou haar dwing om te groet en sy wil nie weggaan nie!
Ai Scrapy, ek kry die klein kindertjies so lief en jammer in hulle absolute magteloosheid!
Veral daardie magteloosheid en dan word dit gedwing om dinge te doen wat vir hulle onmoontlik lyk.
Ag Ouma! En mens hoef glad nie te twyfel dat dit absoluut waar is nie!
Kosbaar Frannie. En mag ek byvoeg daardie pap arm maak vir heerlike herinneringe in die kindergemoed.
Dit maak sommer my hart so squishy.
Lekkerste lekker om te weet jy is die middelpunt van ‘n kinderhart
Ag jinne dit smelt mos nou ‘n ouma hart. Soveel eerlike opregtheid. Kosbaar
Kosbaarste woorde Frannie.💞