Sjoe, hierdie sirkusavontuur hou mens besig met lees en lag en droom! Daarom slaan ek vanaand twee vlieë met een klap: kom wys my balrok vir ons sirkusitem en deel terselfdertyd twee foto’tjies uit die tagtigs van die vorige eeu.

By hierdie skakel kan julle oor ‘n klompie bloggers se denkbeeldige sirkusavontuur lees: https://fresh.inlinkz.com/p/556868f82eae403d9143258e74ee97b1

Hier is die smaraggroen valletjiesrok uit my glorieryke dae. Ek het altyd so mooi in daardie rok gevoel dat ek met absolute selfvertroue die sirkusarena sal betree en sal dans asof die hele wêreld toekyk: wals, tango, lyndans – wat ook al vereis word.

Groen rok (2)

Die foto’s is by twee verskillende geleenthede in die vroeë tagtigerjare geneem. My dansmaat op die tweede foto was ‘n wildvreemde Suid-Amerikaanse diplomaat.

Groen rok 2 (2)