Sjoe, hierdie sirkusavontuur hou mens besig met lees en lag en droom! Daarom slaan ek vanaand twee vlieë met een klap: kom wys my balrok vir ons sirkusitem en deel terselfdertyd twee foto’tjies uit die tagtigs van die vorige eeu.
By hierdie skakel kan julle oor ‘n klompie bloggers se denkbeeldige sirkusavontuur lees: https://fresh.inlinkz.com/p/556868f82eae403d9143258e74ee97b1
Hier is die smaraggroen valletjiesrok uit my glorieryke dae. Ek het altyd so mooi in daardie rok gevoel dat ek met absolute selfvertroue die sirkusarena sal betree en sal dans asof die hele wêreld toekyk: wals, tango, lyndans – wat ook al vereis word.
Die foto’s is by twee verskillende geleenthede in die vroeë tagtigerjare geneem. My dansmaat op die tweede foto was ‘n wildvreemde Suid-Amerikaanse diplomaat.
Ewe fiets en fyntjies! Ek het vir myself ook doerdie tyd waarvan jy praat n smaraggroen langrok gemaak en raai wat? ook met n fril om die hals af te rond. Dis soos jy ook noem, mens het sommer mooi gevoel in die rok. Myne was meer helfte sewentiger jare.
Ek onthou jy het daardie groen rok genoem – hoe slim van jou om dit te kon maak!
Nou met die terugblaai deur die eeue heen sien ek fotos waar ek my selfgemaakte rooi rok aangehad het toe ek in my tweede jaar spesiaal fotos laat neem het. Ek beplan om dit dalkies op my blog te sit n a v Una se 80ger jare(dit was vir my in sestiger jare!)
Het sopas daardie inskrywing gesien – dis so mooi!
Oe dit is mooi! Jy is pragtig.
My een rok was ook met valletjies om nek. Net nie so nie, het afgehang.
Ons onthou daardie rokke met vreugde, ne Christa.
Ons doen ….
Pragtige fotos van ń pragtige vrou
Mens voel heeltemal oorstelp deur julle almal se kommentaar – baie dankie.
Dit is regtig ‘n pragtige foto en jy het ongelooflik mooi gelyk.
Baie dankie Toortsie. Dit was toweraande!
Mooi toe, mooier nou! Frannie, jy is vir my onse towerinne se Grace Kelly – serenity and grace.
Sjoe, Vuurvliegie, dis ‘n hoë ideaal om na te streef! Sal myself aan jou mooi woorde herinner as die twee kleinkinders so om my vroetel…
🤗
Wat ń pragtige foto van jou as jong vrou, Frannie. Jou mooi binnekant het toe al so uitgestraal.
Ai, Una, dankie… ❤
Oe dis mooi tannie, pragtige kleur. En ek love die sagtheid van die rok
Die rok was regtig slim gemaak, met al die valletjies.
Frannie!!! Jy is bekoorlik! En daai rok “is to die for!” My gunsteling kleur. Dis ‘n pragtige rok en ‘n pragtige vrou!
Dankie, WoordNoot – ja, dis seker die rok waarvoor ek die heel liefste ooit was. Laterjare het my dogter dit graag geleen om “op te dress” 😀
Oe dis baie mooi hoor!!
Ek stem saam Vuurvliegie. Nou weet jy hoekom ek Mark Twain aan jou oorhandig het!!! You have class!!!
‘n Kniebuiging vir jou, liewe Kameel – dankie vir die kompliment!
Ek sien tannie se onnutsige oë vandag is daai foto, pragtig en ‘n baie mooi rok
Mmm, “It takes one to know one”!
Mooi vrou, mooi rok. Genade, Frannie, jy was ‘n treffer!
Moes maar my bes probeer om by GL by te hou!
Sjoe Frannie, jy lyk soos ‘n prinses! Wat ‘n ongelooflike mooie rok en daardie mooi lyfie binne in!
Dankie, ‘Bytjie, dit was goeie tye.
Wow!! Asemrowend. En check daai hair do.
Die haarkapper na wie ek nog steeds gaan! Sy is een van die groot seëninge in my lewe.
Dis nou n kompliment vir haar.
Sy is met een woord wonderlik. Het haar ontdek toe sy jonk-jonk was (rebel met oogringe) en ry nog al die jare agter haar aan, waar sy haar ook al op daardie stadium in Pretoria bevind.
Pragtig verby- die rok én die dametjie!
Terug pieng: Die groen bus ry regtig – toortsie.com
So groen soos die velde in Ierland… en baie oulik darby!
Ek wonder oor die diplomaat… het hy toe ‘n klyn oorlogie veroorsaak en ‘n land oor geneem? ‘n Diktaator geword… of ‘n “drug baron”?
Wie weet? 😵😏🤣
Neewat, hy was “a gentle soul”. 😀