Una het gevra ons moet onsself aan Christa voorstel – en toe, op tipies demokratiese wyse, raak dit sommer ‘n algemene “Aangename kennis” aan alle voornemende intrekkers op Rebusfontein.

By hierdie skakel kan julle oor almal gaan lees:

https://fresh.inlinkz.com/p/4d37c70b99244affaf04d8ea985b9271

le-jou-eier1-e1512926357627

Daar brand ‘n lig in die toring van die huisie by Towerinstraat 7 – Tannie Frannie sit laataand en mymer oor Rebusfontein. Watter wonderlike genade is Blogland se vermenging van werklikheid en verbeelding tog!

Huisie

Vyf jaar lank al woon sy onder haar seun Laatlam en sy liewe vrou se dak. Sy het weggemaak en afgeskaal – maar wanneer sy vir ‘n rukkie wegbreek na haar eie huisie in Rebusfontein toe, duik daar telkens geliefde besittings op.

Dertien jaar lank al loop sy alleen – maar op Rebusfontein is daar Silver, tangodanser van formaat, wat soms onverwags op sy Harley opdaag.

Haar lelike kat Lelik woon tegelyk in Pretoria en op Rebusfontein.

IMG-20180603-WA0010

Die twee kleinkinders wat haar in die werklike lewe teen koue en wanhoop beskerm, het nog nie by Towerinstraat 7 kom kuier nie. Dalk moet sy ‘n plan maak, noudat sy altwee halfdag in die wintervakansie oppas? Ouma weet sommer die “ivoortoring” gaan vir hulle ‘n wonderplek wees…

Ouma met G en J

Aangename kennis, nuwe intrekkers hier in ons toevlugsdorpie!