Vuurvliegie rek altyd ons breinselle − dié keer met ‘n rymopdrag.

Cartoon woman playing with crosswords

Vroegoggend na ‘n heerlike partytjie op Rebusfontein is ‘n brose tyd…

In haar ivoortoring
sit Frannie die ou doring
nog ietwat gekoring
met ‘n hoofpyn soos ‘n horing…

O liewe land, nee! Wag ek probeer weer, dié keer met die aanbevole woorde van Woordsnoer 5:

Daar sit sy en skryf, geluksalig;
die voëltjies die lag,
hul sing douvoordag,
beloof haar ‘n toekoms rooskleurig.

Op die dorpsmeent, so frappant,
sit hy droomverlore:
daardie oulike kalant
gooi klippies in kleivore.

Frannie weef ‘n fantasia:
leun deur die venster,
pluk ‘n kamelia;
druppels op die blare van die jakkalsreëntjie
Frannie slaak ‘n sug, ‘n kleintjie.
Hoe lief is sy vir die herfstyd wyd,
mits die wind nie hoeihaai
en orals inwaai!
Gedagtes aan gistraand maak haar tjoepstil
en nou sit sy die geleentheid en afskil
soos ‘n lemoen – ai, daardie soen!
G’n wonder elkander het hulle verwonder!

Op die dorpsmeent sit hy nog −
die man is heelwat meer verfyn
as wat by eerste oogopslag skyn!
Lui-lui vorm hy ‘n vriendskapsverbond
met ‘n heel welwillende steekbaardhond.
Die stukkie varkvleis van gist’raand
help nogal, die brak is knaend!

Frannie dink aan samba en tango,
onthou hoe geabba laataand ontvou…
Sy spring op, draf trap-af − met daai ronkedoor
wat daar sit op die dorpsplein wil sy nóú gaan skoor!

Advertisements