Sy is nie vanaand hier nie – sy slaap oor by haar oupa (Gewese Liefling) en sy geliefde, wat ook ouma genoem word. Ek gun dié fyn vrou daardie eretitel en ek weet dat klein Gabby vir haar, wat drie seuns het en nou ook net seunskleinkinders, ‘n bron van plesier en vreugde is.
Die huis is onnatuurlik stil en haar kamer is leeg. Saans as haar mamma haar vat om te gaan slaap, kom sy altyd eers vir my met ‘n soentjie nagsê. Sy trek haar mooi mondjie op ‘n plooi – kaplaks! – “Nag, ouma.”
O, hoe mis ek daardie vreugde vanaand…
Nou verstaan ek.
*drukkie* ❤ …. hehehehe ek sal maar nie die soending doen nie
Klapsoen. Dis te lekker. My seun klapsoen my nog steeds! Klein Bea is geleer om so n tuitmondjie net mee te pik soos haar ma. Sal haar. Dis lekker as die kinders so uit hul eie spontaan die soentjies gee.