Dis vir my lekker om te bak en brou en te sien hoe die resultate verorber word. Toe ek in my eie huishouding nog elke aand ‘n maaltyd moes voorsit, het ek graag nuwe resepte probeer, anders voel dit darem al te veel na sleurwerk. Hierdie eksperimente was nie altyd geslaagd nie – ek onthou een aand toe my kinders die poging as “katkos” bestempel het! Quiche – of souttert, soos ek dit sommer genoem het – was gelukkig altyd ‘n gunsteling.
Q staan vir Quiche (my alfabet van vreugdes)
18 Donderdag Apr 2019
Posted Uncategorized
in
Ek het gewonder hoe mens in Afrikaans dit noem! Of hoe die woord uitgespraak word.
Net soos die Franse uitspraak: min of meer “kiesj” 🙂
Dankie. Dit gee my ‘n goeie idee van die geluid.
Lekker man!
Ah, nog iemand wat resepte uit probeer het en nie altyd lofprysings uit haar gesin se monde gehoor het nie.
😀