Ja, julle kan wel vra wat die vrou besiel, dat sy vreugde uit foute put. Sien, die saak staan so: Baie jare lank het ek my brood met redigering verdien. ‘n Redigeerder in Nieu-Seeland het dié bedryf soos volg beskryf: “50% stable cleaning and 50% mind reading”. Ietwat sinies, maar nogal in die kol.

Redigering verg ‘n skerp oog en noulettende konsentrasie. Mens kan dit net doen sonder om mal te word as jy baie lief vir taal is. Ander mense se taalfoute het gesorg vir ‘n dak oor my kop, petrol in die kar, klere aan my lyf en kos op die tafel – vandaar die vreugde.

Nou het ek egter afgetree en verontagsaam taalfoute heeltemal. Ek lees die bedoeling raak, nie die spel- of stelfout nie. Dis nie langer my verantwoordelikheid om taalgoggas met ‘n rooi pen of “Track Changes” uit te roei nie. Dis heerlik bevrydend.

Advertisements