SafaribusSoos gebruiklik, sit Frannie in die middel van die giggelgroen bus en nabetragting hou – dié keer sommer oor twee kuiers: Calitzdorp en Gariep. Die werklike lewe het haar so ietwat gepootjie – daar was skaars kans om Positief se Karootrippie te geniet.

Al wat sy eintlik van die hele motorfietskavalkade daar rondom Calitzdorp kan onthou, is die heerlike geborgenheid toe Positief haar “natuurlik” saam met Silver op sy Harley laat ry het. Frannie skud opnuut haar kop oor die “smug married people” á la Bridget Jones, wat skynbaar net nie beséf hoe gelukkig hulle is om el-ke lie-we dag van-self-spre-kend ‘n maat te hê nie! Sy klik ergerlik met haar tong, wanneer sy onthou dat sy self vele jare lank deel van daardie bevoorregte, onnosele brigade was.

Verspotte Frannie gee so ‘n giggelsnorkie, dit klink so bietjie soos ‘n kat wat haar in ‘n piering room verlekker. Dat sy nou tot hier op haar oudag moes wag om te weet hoe ‘n klap op die boud voel!

Advertisements