Ouma en Joshi sit langs mekaar en smul aan mieliepap…
Ouma dink ver, ver terug, aan ‘n agtjarige dogtertjie wat vir die eerste keer by ‘n maatjie op ‘n plaas oorslaap. Die twee verken ‘n toweragtige woud – wat seker nie veel meer as ‘n paar bloekombome was nie. Daar sit ‘n oom by ‘n vuurtjie waarop hy ‘n driepootpotjie stywepap gekook het. Hy nooi hulle nader en elkeen kry ‘n bolletjie pap, met die heerlikste geur van houtvuur en aanbrandsel, haar eerste kennismaking met hierdie wonderlike stapelvoedsel en met ubuntu.
Vanoggend se kossies is maar karakterloos – gemikrogolf in die voorstede. En tog, tog bly die smaak betowerend.
Pragtig! Wat ‘n voorreg. Ja-nee, vir my daar is niks wat naastenby so lekker is soos aangebrande pap uit ‘n swartpot met bietjie suiker oor nie. Dis of die smaak en die herinneringe altyd saamloop.
Dis iets wat ek ook onthou… mooi
Baie mooi en baie spesiaal.
Frannie, jy laat my terugverlang na die dae toe daar nog feëtjies en kabouters in die bos gebly het…. voordat die werklikheid van die lewe jou winduit geslaan het.
Mieliepap, by verre my gunsteling. Lekker en mooi herinneringe, Frannie.
So ‘n mooi herinnering, Frannie! Heerlik om die pap sulke bolletjies te rol en in suiker en botter te druk.
Hallo Frannie, hoe heerlik is jou pap-onthou nie net nie. Dankie!
Ai, ek is so bly jy is weer hier rond.
Dis so lekker! Dankie.
Ek sal alle kos opgee as dit moet, behalwe mieliepap en botter!
Shoe… mooi!
En “memories” word gemaak 😍
Afrikaners are amongst the best storytellers in the world! ❤ ❤ ❤
Terug pieng: Die terapeutiese waarde van skryf – toortsie.com
Weet nie wanneer dit gebeur het nie, maar die laaste paar jaar is Saterdagaande ons pap-wors-en-sheba aande. Hier in KZN kry ons Nyala mieliemeel, so ‘n oranje pak en glo my, dit maak die lekkerste pap. Op die stoof en dit vat nie lank nie. Kleintyd het ons baklei oor die ‘brandsel’ van die pap – lekker gekarameliseer op stadige hitte op ‘n koolstoof. Melkkos se aanbrandsel op daai lae hitte is ook njammies.
Ai, hoe laat jy nou my mond water!