Vroegoggend tap ouma vir haar ‘n lekker warm borrelbad. Nog voor sy kans kry om dit te benut, raak Joshi soek – en onheilspellend stil. Hy het by die badkamer ingeglip, heerlik met die water gespeel en vir hom ‘n handvol borrels geskep: sy gekelkte vingertjies skyn ligroos deur die reënboogborrels…

So ‘n mooi prentjie! Watter wonderlike begin aan hierdie Sondag, al moes ouma hom opnuut en van die vel af droog gaan aantrek.

Celine en Joshi 2