Twee redes waarom Ilse se inskrywing herblog is: eerstens, haar heerlike Afrikaans en tweedens – Towerinne, kyk net wat beteken “tiramisu”! Vanpas, nie waar nie?

ilsezietsmanblog

First published in Die Burger, February 2014

Om die ware Italiaanse manier van dinge doen (en van kosmaak natuurlik) te beleef, is nie te moeilik as jy by ‘n paar ingeburgerde Italianers begin uitvis nie. Hulle ken die kuns van la dolce vita, die goeie lewe.

 ‘n Vlieërskieër wat kan pizza’s maak

Dis een ding om van Noord-Italië na die Kaap te verhuis omdat die vlieërski hier so goed is; dis ‘n ander ding om jou eie pizzeria oop te maak en dan nie tyd vir vlieërski te hê nie.

Giuseppe Donini glimlag van oor tot oor. Dis nog steeds héérlik om in Somerset-Wes te woon en sy eie restaurantjie te bedryf; al kom hy nie op die water uit nie. In die Kaap is die lewe goed. Soms beter as in sy geboorteland, glimlag hy ondeund.

Guiseppe is mal oor Kaapstad

By Giuseppe’s word dunkorspizza’s a la Italia bedien. Sonder tierlantyntjies. Selfs sonder ‘n…

View original post 886 more words