Goed: Una sit in aanhouding, Toortsie en Seegogga ry in die donker Harties toe (ag moe-nou-nie weer gaan staan en verdwaal nie!), Lekkervurig sal seker ook netnou in die pad val, BondelsGedagtes en Positief belowe steun en Perdebytjie staan gereed met haar befaamde Boomaway-wa. Scrapydo is gestrand in Nieu-Seeland, haar vuurpyl is tans omtrent so betroubaar soos my Micra. Al wat nou kortkom, is Kameel en Camilla…Sonder daardie twee gaan ons veel minder uitgerig kry!

Liewe Kameel, ek verstaan dat jy huiwerig is om weer meegesleur te word, maar onthou: Die waarheid is iewers in die middel tussen jou waarheid (Una hallusineer) en Una se waarheid (in aanhouding, wanhopig wagtend op uitkoms wat slegs deur die bloggers bewerk kan word – ag sjym, die arme vrou, my gemoed skiet sommer vol, en my gewete…)

Nou maar goed dan! Ek erken dit! Ek het sopas daai uitgeholde brood agter uit my hangkas gaan grawe: hier is genoeg diamante om enige prinses se losprys te betaal. Al is dit laat en al maak die Micra krr-brr-grr, Una, hier kom ek! ‘Bytjie, staan vas, ons sal met jou wa Petooria toe moet ry, die Micra gaan dit nooit weer terugmaak nie.

Kameel, as Camilla nou verseg om terug te kom SA toe, moet jy maar self die stiletto’s en pruik gebruik wat Perdebytjie gereed hou. Kom draai groot ‘samblief die manne om Camilla die Tweede se pinkie? Dalk is daar ‘n ou diamantjie of twee net vir jou…


Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die volgende InLinkz-skakel:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=787126

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).