Danksy Hester van Dis Ekke word ons weekliks uitgenooi om ‘n nuwe eier te lê – op die oomblik gaan ons elke week op ‘n ander Skryf-Safari.
Toe Laatlam een aand oor my skouer staan en lees en toe verklaar: “Hulle klink nes ma,” het hy ‘n groot waarheid vasgevat. Die mense van Blogland is werklik vir my geesgenote, met hier en daar ‘n radikaal anderste persoonlikheid wat sorg vir die speserye in my blogbelewenis. As emigrant uit die Litnetblogs het ek hier op WP ‘n nuwe tuiste gevind, met toegewyde “happiness engineers” wat sorg vir puik blog-etiket en altyd bereid is om die tegnologies-gestremdes te help.
Hier is introverte sowel as ekstroverte; idealiste, realiste en sinici. Die swart hond sluip om baie se enkels rond… Party het wonderlik gelukkige kinderjare gehad; ander baklei vandag nog teen die nagevolge van trauma wat hulle as kind beleef het. Daar is oud en jonk en tussenin; reisigers en tuisblyers; skrywers en geselsers; fotograwe en beeldende kunstenaars; gelowiges en agnostici. Diegene wat in die hoofstroom van die lewe swem, moet tydjies afknyp om gou te kom oë wys; vir ander is die blogs ‘n daaglikse reddingsboei.
Ons hou almal intens van lees en stel in ander mense se stories belang. Nuwe bloggers word met entoesiasme begroet en aangemoedig; kommentare is meelewend en bemoedigend. Ons is lief vir diere – daar’s darem niks so gesellig soos ‘n warm bondel katlyf op mens se skoot as jy sit en blog nie; avonture met honde sorg vir heerlike vertellings; ons kan saam kyk na wonderlike dierefoto’s uit ons planeet se wildernisse.
Kom vertel vandeesweek op “Skryf-Safari: Blogland” vir ons iets oor jou eie blog-ervaring, byvoorbeeld:
- hoekom blog jy?, of
- ‘n besonderse interaksie met ‘n ander blogger, of
- iets interessants wat jy uit ‘n inskrywing geleer het, of
- ‘n blog wat vir jou spesiaal verrykend is, of
- sommer al bogenoemde
– die moontlikhede is legio. En (‘skuus Lou) as jy hierdie week bitter besig is,
- pos sommer net weer een van jou eie gunsteling-inskrywings.
Tina van Rondomtaliedraai het eenkeer geskryf: “Jou blog is jou huis/skuilte/rusbank/klaagmuur” – is dit nie raak gesê nie? Ten slotte haal ek graag ook vir Toortsie aan: “Niemand wat nie blog nie, sal ooit verstaan wat die blogfamilie vir mekaar beteken nie!”
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die volgende InLinkz-skakel:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=787126
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Oeee blogging lê my na aan die hart. Dis ‘n lekker uitdaging. Ek voel geëerd dat ek aangehaal is.
Lekker! Om te blog is terapie vir my gemoed, veral wanneer die gemoed so ontstoke is soos nou. Frannie, ek hoop elke week dat my internet gaan aariveer, met komplimente van Telkom, maar as ek nou weer nie hierdie week kan deelneem nie, kan ek darem solank sê: :Blogging is addictive and I am suffering withdrawal symptoms. Ek het gou ‘n bietjie data geleen om te kom kyk wat julle doen. Aan al my blogriende, ek mis julle meer as wat julle kan droom. Telkom “werk” nog steeds aan die kabel wat my verbinding moet herstel en ek wag ongeduldig. Ons trek môre in die nuwe huis in en ek hoop teen die tyd wat ons klaar reggepak het, kan ek my rekenaar weer aanskakel en saamgesels. Liefde en drujkkies.
Ag foeitog Hester – ons mis jou erg! Sterkte met jou hoeveelste?? trek daar aan die Suidkus. Mag die tegnologie nou uiteindelik op dreef kom in die boendoes (soos Tina sou maak: *koes!*).
Jy hoef nie te koes nie; die inwoners hier is baie filosofies oor enige vorm van dienslewering hier en trek net hulle skouers op “Jy woon nou op die Suidkus Ou Dier!” Ou Dier gee ook nie te veel om oor die gebrek aan water, sanitasieprobleme, onverkrygbare verbruikersgoedere, swak TV-sein, ens, nie, maar Telkom – EERLIK! – hulle maak my diep beswaard.
Ons mis jou ook xx
😘
is jy terug oppie lug?
Nee, ek gebruik net so ‘n ekstra bietjie data op my selfoon op voordat dit verval. Ons plaas maar weer ons hoop op “hierdie week gaan Telkom kom”.
Ek hoop saam met jou Hester. Mag julle spoedig weer gesettle wees.
Dankie Kameeltjie
Dis ‘n heerlike onderwerp, Frannie en jy het die bloglandbewoners puik opgesom.
Tannie het nou sowaar dit alles raakgeskryf. Ons is geesgenote al het ons mekaar nog nooit in lewende lywe ontmoet nie. Hierdie blog is beslis ons reddingsboei uit die storms en vreugdes van die lewe. 🙂
Ken mekaar
Dis eintlik hartseer, maar hier is saampraters en rooflesers wat ek nog nooit ontmoet het nie en wat my beter ken as die oorgrote meerderheid van my eie familie. So, om dit offisieel te maak, hier is ‘n paar kitsfeite oor myself op grond van ‘n vraelys wat ek van Bakkiesboek af geplagieer het. Bly te kenne.
Gebore…..Nee, Die verloskundige het my uitgetrek. Ek het, aldus my ma, 22 uur lank baklei om binne te bly.
Ouderdom………. So oud soos die vrou wat ek (be)voel
Beroep…………..Reserwe Hofnar
Tattoos………….. Net daardie bees brandmerk wat ek met my rampartytjie “verwerf” het
Troues…………. Ja, maar net op Saterdae asseblief.
Divorces…………… Lekker saam met dipap en disheba
Kinders……………… Ek verkies beesvleis
Operasies……….. Dokter dokter saam met die Buurdogter. Sixpack inplanting 2007.
Vuurwapen afgevuur………Was nie ek nie. Niemand het my gesien nie. Jy kan niks bewys nie
Werk bedank……..Ek praat nie daaroor nie
In ‘n vliegtuig gevlieg…. Neef Koos se buurman se cropduster
100+myl in ‘n kar…Jaaaa, en was daai spietkop omgekrap toe hy my vang!
Gaan foefieslide.. Ja, maar toe jaag hulle my uit die dameskoshuis
Verlief geraak………. Ek mis nou nog my eerste Toyota
Gebreekte hart…Ja, toe ek nou die dag die Kuga vir my skoonma gee om mee te ry en hy slaan nie aan die brand nie
Iemand ander se hart gebreek….Die bankbestuurder s’n
Skool geslip…..Dit word selektiewe bywoning genoem
Iemand gesien geboorte gee? ….Die baas het ‘n otter gebaar oor daai ding waaroor ek nie praat nie
Iemand gesien doodgaan…Ek het my eie dood al in die van Helsdinge se oge gesien.
In ‘n ambulans gery…..Indien jy die bestuurder is, is die korrekte term met ‘n ambulans gery
Karaoke gesing…..Ek ken nie daai liedjie nie. Maar ek sing Worsie Visser songs in die stort
Troeteldiere………1 x van Helsdingen
Afdraende Ski……Nee, die koshuisgange was gelyk
Motorfiets gery…..Net ‘n blok vêr, toe haal daai poppie my in en vat haar poegie terug
Perd gery……..Hoe lank moet jy bo-bly voor dit tel as ry?
In die hospitaal geslaap….. Elke maandeinde Vrydag en Saterdag wanneer die van Helsdingen bietjie onder die prop raak
Bloed geskenk …Omtrent ‘n liter, op Loftus se B veld. Nie vrywillig nie
Agter in ‘n vangwa gery….Die sitplekke aan die voorkant is baie gemakliker, en die uitdrukking op die poeliesman se gesig wanneer jy wegry met sy wa is kostelik
Spesiale Talente… Ek kan baie vinnig moeg word.
😀 😀 😀
Kostelik!!
Ai, ou Storieklong is iets op sy eie! Dis die lekkerte van blogland…al hierdie persoonlikhede.
Lekker ene tannie!!! Ek is die nuwe baba vol winde wie julle help uitklop..xx
Jong Frannie, die trane sit vlak as ek net aan hierdie onderwerp dink. Jy weet mos maar hoe voel ek oor julle klompie.
Te heerlik om so n onderwerp te he. Dis maar deel van my leeflyn hier in die verte. Hou my Afrikaans ook. Soms praat ek sommer Engels terwyl ek Afr wil praat!
Terug pieng: Skryf-Safarie: Maar Edelagbare… – Bali Drome
Julle is die beste. Ek is op ‘n ander groep want ek is i ‘n aspirant skrywer. Ek is sommer sumier die week ingelig dat ek moet ophou dink aan skryf, my skryfsels is nie die moeite werd om te lees nie….hierdie woorde van Tannnie Frannie is beter as salf op ‘n seer eina….
lekker Frannie! Ek dink nie nie-bloggers verstaan die drang nie
Terug pieng: Skryf-safari: Blogger in die moeilikheid – toortsie.com
Dit is wonderlik hoe ‘n mens so ‘n wye groep nuwe vriende op die blogs kry. ‘n Probleem daaroor is dat as spesiale mense wat ons dagliks volg oorlede gaan, is dit net asof ‘n lid van eie familie verloor is. Besonder twee wat ek geken het, Viv in France, en RoughseasintheMed.
Ja, dit is ongelukkig so! VivinFrance het ek uit kommentaar op jou blog leer ken en dit is beslis ;n groot verlies!
Terug pieng: Dis hoekom ek blog – toortsie.com
Laas week was ek te skaam om te erken ek mors baie, die week gaan ek skryf. Het al ‘n paar keer hieroor geskryf. Dankie tannie Frannie vir ‘n lekker eier-lê sessie
Dis goeie nuus!
Tannie Frannie ek was vir ande redes as Hester ook afwesig maar ek faan sekerlik hieraan deelneem.
Ag dis nou goeie nuus. Jy lees seker dat jy hop om in te haal!
Aah. Dis nou ‘n lekker onderwerp. Dankie. Ek hoop om gou ‘n skrywe op die skerm te hê!
Terug pieng: Skryfsafari: Hoekom blog ek – toortsie.com
Terug pieng: Is om te blog en blogger te wees dieselfde ding? – Abrie dink hardop
Lekker geskryf!
Hier’s ‘n gedagte wat wortel geskiet het toe ek jou stuk gelees het… “reisigers en tuisigers” party van ons loop rond, nie omdat ons wil nie… maar omdat ons moet!
Net so by the way, ssos die Ingelsman so sê… sê vir Laatlam dis slegde maniere om oor sy ma se skouer te loer! 😉
Laatlam is ‘n ruwe diamant…sy ma het ‘n paar toetse met sy opvoeding gedop.
Ons dop maar almal daai toetse… baie sal beweer ek’s nie een van die beste pa’s op aarde nie! Moenie worrie nie… ons bly lief vir jou!! 😉