Hier is ‘n blogger uit Litnet se dae. Dink julle sal aanklank by haar besondere sensitiwiteit vind.

Voz Sola

Jy lê met jou gedagtes vasgevang tussen die kussing en die dak. Woorde vloei deur jou are en versmelt met elke hartklop terwyl nuwe woorde kom klop-klop.

Steeds lê jy magteloos en staar…beelde soos ‘n ou-ou klanklose movie blits verby. Die stilte is hartverskeurend. Vêr in die agterkop van ‘n vlietende gedagte hoor jy ‘n deuntjie draal. Die klanke kom in eb en vloed tot dit oordonderend hard verbyskuur na die voorgrond.

Jy wil gryp na pen en papier…maar jy lê verlamme maar sien hoe jy elke woord in jou gedagtes wêreld op papier skrywe met ‘n pen waarvan die ink onsigbare kolle klad in die dagboek wat steeds leeg op die bed bly lê. Dag na dag is vol van die niksheid gekryf.

View original post