My kleindogtertjie Gabby (vier jaartjies en drie maandjies oud) het vir my ‘n toring gebou – om my te help om my drome te onthou, toe sy hoor ek kan hulle nie herroep nie. Die droomtoring is plegtig in my kamer staangemaak.

100_2451 (2)

Dit het gewerk: gisternag het Ouma heel fluks beskuit gebak! (Nou moet dit nog net in die werklike lewe ook gebeur…)

Toe ek so na hierdie sierlike toring kyk, besef ek: net nou-die-dag het ek die kleine ou handjies moes help om die een blokkie op die ander te pas.

Ure, dae, maande, jare skuif soos skadu’s stil verby…