Sy kan haar kamer soos ’n boomhuisie laat voel.

Sy verstaan dat ’n bondel takkies, ’n hopie klippies en ’n handvol sade kosbare skatte is wat bewaar moet word.

Haar ore is spitser as ’n kat s’n.

Sy het oë in haar agterkop.

Les bes: sy kan die krokodille wat onder die trap woon en hap-hap na die dogtertjie se voetjies as sy na die boomhuisie toe klim, met een skop verwilder.

Sy is bevoorreg, begenadig en dankbaar.

Sy is ’n ouma.

028

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

Advertisements