Middelkind het onderneem om sy ma se as by Stormsriviermond te gaan strooi – daar waar die hoë rots toring en ek en hy eendag lank gelede gaan rondklim het toe die res van die gesin nie wou saamgaan nie.

As ek egter ‘n grafskrif moes kies, sou dit Johannes 14:2 wees:

“In die huis van my Vader is daar baie wonings…”

Hoe wonderlik maak Christus hier ruimte vir almal: die gelukkiges en die eensames; die oues en die jonges; die hardwerkendes en die dromers; die suksesvolles en die mislukkings…

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). Laasgenoemde blogpos is opdateer op 2017-09-05.