In my omswerwinge deur ‘n leeftyd se sentimentele opgaardery ontdek ek ‘n vergeelde fotostaat van ‘n briefie. My dogtertjie het dit aan haar eerste graad 1-juffrou geskryf nadat sy in die middel van die jaar van skool moes verander. Genadiglik was albei haar graad 1-juffrouens geroepenes, wat haar voetjies veilig op die skoolpad geplaas het. Al die f’s is verkeerd-om, so ook ‘n enkele r en s. Die agterstevoor b’s kon ek darem as d’s oortik. Sy sluit die briefie af met ‘n gedig deur I.D. du Plessis, wat ons in die Kleuterverseboek ontdek het.

Dis asof daardie liewe ou dogtertjie hier langs my sit. Watter kosbare verantwoordelikheid om elke kindjie deur ‘n skooljaar te begelei! Ek bring hulde aan die onderwysers wat daardie verantwoordelikheid met geduld, bekwaamheid, blymoedigheid en liefde dra.

Aan Jffruo.

Jffruo die kendirs bei ons skool is soo stout hulu skrei jou oori van juo kop af. Ek is lief vir Jffuo. Ek is soo lief vir Jffruo daj liefti Vilette. xxxxxxxxx soonkies

Vir die rooi van die roos vir die dluo van die see vir die geel apilkoos wat die soomir ons gee vir die liet van die reen vir die gloet van die son vir die lievdi wat seën dank ons U leewinsdron Aamen.

Advertisements