Daar kom ek toe nou-die-dag op hoogs onvleiende definisies van ‘n blog af. Ek gaan nie aanhaal nie, dis regtig onverkwiklik (ken julle daai nuttige woord?)
Daar is ook al ‘n Afrikaanse ekwivalent vir “blog” voorgestel wat my skuins laat opkyk het, nl. “spogblad”. Spog ek op my blog? Ja, Tina het my al betrap dat ek, soos sy dit tong-in-die-kies genoem het, “fyn spog” – maar regtig brag? O toggie, ek hoop nie so nie! Ek’s dus maar dankbaar dat die volksmond die leenwoord “blog” aanvaar het.
Mense wat nog in die hoofstroom van die lewe spartel en kosbare tydjies moet afknyp om hier te skryf en te lees, besef dalk nie hoe belangrik die blogs vir iemand met meer ledige ure kan wees nie. Die lewe is mos alewig óf te veel, óf te min. Een van die dae begin ek my kleinseuntjie oppas, dan sal julle heelwat minder van my hoor, maar die afgelope maande, toe ek ‘n vyfde wiel aan die wa was omdat my liewe skoondogter nog met kraamverlof was, was die skryf en lees en gesels hier vir my soos ‘n reddingsboei.
Vanoggend sien ek ‘n kommentaar wat ek jare gelede neergeskryf het, toe ek nog op LitNet geblog het. Ek het vertel van ‘n volmaan op my verjaarsdag en gewonder hoeveel volmane ek nog hier op aarde sou kon geniet. ‘n Interessante blogger met die skuilnaam Verskriklik het geantwoord:
Moet nie wonder oor die mane nie. Hulle sal vir hulself sorg net soos die liewe mooiheid van die lewe vir jou sal sorg.
Profetiese woorde! Waar is Verskriklik nou? En die ander LitNet-bloggers wat vir my soveel beteken het: Maryna, wat spesiaal strand toe gery het om vir my ‘n foto te gaan neem van die woorde van Psalm 23, op ‘n rots langs die see geverf: die Here is my Herder; Die borrels in my brein, wat haar reis na volwassenheid met ons gedeel het; Joanna, wat die smart van ‘n gestremde kleinkind moes verwerk; Celeste, wat Kaapstad en haar wedervaringe daar so helder en vaardig geteken het… Ek verlang na hulle, ek wonder hoe dit met hulle gaan.
Daarom is ek so dankbaar teenoor julle almal wat hier kom kuier – die oud-LitNetters en die WordPressers wat ek hier ontmoet het. Dankie, dankie – en doe zo voort!
Ja ek het op Letterdash begin blog, en toe oorgeskuif LitNet toe. Ek mis daardie ouens ook nogal! WordPress werk vir my aansienlik beter, maar in die begin het ek gevoel of ek in die donkerte in blog, totdat ek ander bloggers gekry het.
Ek kan nie my lewe voorstel sonder my blog nie. Dis NET myne, waar ek kan plaas waarvan EK hou, en waar ek EK-tyd kan spandeer! Dis soms so moeilik in die regte lewe, ek voel gewoonlik mense “just don’t get me”. So dan bly ek maar stil. Maar hier kan ek my sê sê!
Laatlam het eenkeer oor my skouer gelees en verklaar die ander bloggers “klink nes ma”. Hier is altyd mense wat snap “what we’re on about”!
Hier word mens nie doodgepraat as jou opinie verskil nie. Jy ontdek ook mense wat soos jy dink.
Ja dis ‘n feit. EN, (touch wood), daar is nie trolle nie!
Gelukkig nog min teëgekom.
WordPress se “happiness engineers” le klem op blog-etiket en goeie maniere. Hier heers ‘n wonderlike positiewe gees.
Ja dis so lekker om net lekker te kan blog sonder enige “poef-pompers”!
Ek het my seun belowe ek gaan oud genoeg word om vir hom ‘n probleem te wees?!
Hm – ouerlike wraak, ne.
Die behoefte om uit te skryf en d wonder dat iemand anders dit interessant genoeg vind om te lees; die verwondering om te sien hoe ver dit in d wereld draai; die vervulling as jy dit klaar geskryf het en voel jy het dit goed gese; die hele kreatiewe proses; die hele idee dat n mens kan skrywe- dis skeppend nes beeldhou of ‘n prentjie… dis wat blog lekker maak- en baie belangrik vir jou gees en ook vir ander wat hier lees .
Raak gestel!
Nou het Net Ek en seegogga dit so goed opgesom dat ek maar my mond kan hou. “Spogblad!” Dis seker uitgedink deur hulle wat sulke lang intellektuele artikels vir koerante skryf.
Ag wat, die intellektueles kan hulle maar slim hou – hier blog en kuier ons lekker!
Die Borrels in my kop het vir my interessant geklink en het gaan soek sonder sukses.\ ook onder sonnet-sestet of selfs onder google this image.. Dit lyk helaas of sy nie na tannie Frannie gesluister en tannie met reg die vraag vra.
kommentaar hieronder was op 2de laaste blog van Borrels (onder die naam en op Litnet in elk geval).
Tannie Frannie het gesê op April 6, 2014
So ‘n mooi inskrywing – soos ‘n mens van jou te wagte kan wees! Moet tog nie ophou skryf nie…
Ek self het in Maart 2013 begin blog omdat ‘n siekte met my gebeur het en dit toe vir 2 jaar gelos. en toe weer in Augustus verlede jaar geblog om dat ‘n vakansie met die gesin gebeur het.
Maar ek beskou my eers werkilk as ‘n blogger vanaf Maart hierdie jaar toe ek begin blog nie omdat iets gebeur het nie, net om te skryf (Thermopylae). Dit is dan ook toe ek begin het om ander mense se blogs te lees – besef het die wêreld is groter as dit wat Abrie te sê het.
Dankie dat jy gaan soek het! So kom en gaan hierdie verbintenisse en ek dink dis moeiliker om te aanvaar vir diegene wat nie heeltemal gewoond is aan die vervlugtigheid van die kuberruim nie.
Ek is darem vriende met Verskriklik op FB en het Henry se eposadres.
Stuur asb groete?
Natuurlik Hy werk in die buiteland en het het heeltemal ophou blog. Hy en sy vrou is een van die bloggers wat by my gedraai het toe hulle deur die dorp gery het
In 2013 het my werk my na die provinsiale kantore gestuur – ek was vas van plan om ‘n draai by jou te gaan maak – jy het toe nog in die dorp gewoon – en toe stuur hulle my nooit Limpopo toe nie!
Verskonings, Verskonings ❤ Grinnik … die landgoed is ook in die dorp. Toemaar ek het my ook al vasgeloop met die ontmoeting van bloggers. Dit pas my om internetvriende te wees. Tog is party soos jy vir my baie spesiaal en ek sou jou graag wou ontmoet
Ag dankie, Tina – jy sal maar Pretoria toe moet kom sodat ons van aangesig tot aangesig kan kuier, want ek voel nes jy.
Dit sal lekker wees Ek doen egter nie daai ding in die winter nie Ek hou van my eie bed en huisie
Ek was vir baie lank in ‘n sielestryd oor my blogging, hoeveel tyd elke dag daarin gaan, ek moes ook skewe woorde verduur van mense wat nie weet waaroor dit gaan nie. Ek het vrede gemaak daarmee. Bloggng beteken vir my verskriklik baie en ek kan die ontwikkeling in myself en my skryfwerk oor die jare duidelik sien. Sonder ‘n blog sou ek altyd minderwaardig oor my skryfwerk gevoel het en beslis nie ‘n boek gepubliseer het nie. Lank lewe blogging.
Die uitnodiging aan jou om vir Finesse te blog, bevestig dat jy ‘n blogger van formaat is.
Dankie vir Groot Woorde.
Nee wat “spog blad” kan dit gladnie wees nie. Dit gaan oor die persoon en sy/haar waarnemings en belewing van die lewe. Jy spog gladnie hoor! Jy mag maar rerig so aangaan soos jy nou doen. Dis baie lekker o by jou te kuier en al jou dinge te hoor. Jy kan ook “doet so voort” asb al wod jul tydjies beperk, so nou en dan is tog ook lekker.
Ai, ek waardeer jou gerusstelling! Het jy gesien hoe jou grot-uitdaging uitgekring het?
https://abriejoubert.wordpress.com/2016/06/17/die-mooi-jong-amerikaanse-dokter-die-rugbesering-en-die-kangogrotte/
Ja, dit is veblydend dat die onderwerp nogal n treffer was! Ek moet nou net die grotbydraes nog link dan gaan dit nog verder aandag trek.
Ek doen dit maar net omdat dit vir my lekker is, al is daar sommiges naby wat baie negatief daaroor is, wat dus maak dat dit nie so spontaan is nie. Ek het self ´n rukkie terug, ´n ou blog moes opsoek en toe gewonder, wat het van almal geword, wat daar kommentaar gelewer het. Jammer dat hulle net so verdwyn het. Dankie vir hierdie skrywe!
Rekenaars en tablette en slimfone kan maak dat mense afgeskeep voel…
Ons kan vir jou ook maar net vra, Tannie Frannie: “Doe zo voort!?”
Maak met graagte so, Dries!
Ek het begin blog vir Aros, die plek waar ek onderwysstudeer, vir bemarking. “Die Arosonnie.”
Dit was vir my so lekker ek het sommer besluit om my eie blog te begin. Dit is soos ‘n weeklikse uitlaatklep.
Dit is lekker om te sien dat daar so baie Afrikaanse bloggers is.
Ja, mens is bly oor elkeen wat kies vir Afrikaans! Jou eie blog se titel is vir my baie treffend. Hoop jy gaan ons ook van jou onderwyswedervaringe vertel.
Dis lekker om hier te kuier 🙂 Jy laat ons so tuis voel, dankie tannie
Liewe Wolfie, soms is ek so spyt dat ek nie meer my eie tuiste het waarheen ek my vriende kan nooi nie – en hier laat jy my nou besef dat ek darem nog ‘n virtuele tuiste het! Dankie vir daardie belangrike insig.
Ek spog ook nie. Ek vra vrae of deel nuusbrokkies. Daar is bloggers wat my baie goeie raad gegee het en daar is ander wat gese het dat my nuusbrokkies is net aandag soek. Ek blog oor dinge wat vir my interesant is.
Hoop nie jy gaan te skaars word wanneer jy begin popspeel nie. Ek wonder vir lank nog wat van bloggers geword het wanneer hulle net verdwyn. Lekker om ander mense se dinge te lees, en saam met hulle ‘n pad te loop.
Dink darem ek sal graag vir julle van my en Joshi se wedervaringe wil vertel! Ek wonder ook dikwels oor bloggers wat verdwyn.
So jy het ook ‘n Joshi. Myne is al agt jaar oud en het ‘n baie sagte plek in my hart. Geniet hom… hulle word te vinnig groot.
Dis ‘n groot naam wat die twee dra – mag hulle soos die oorspronklike Josua sterk en vol moed wees en die Bron van alle krag in ere hou.
Amen daarop Frannie!!
Groete. Dankie vir u ondersteuning vir my blog despatchesfromtimbuktu. Geniet!
Ek stem!! Blog is ons kaans om ‘n “dagboek” te hou. ‘n Lekker geleentheid om nuwe mense te ontmoet soos ons nooit 20 jaar terug kon nie! Ek sukkel met die Afrikaans maar dankie vir julle kuier! (Ek blammer Hester vir al my nuwe Suid Afrikaans tjomme!) Blog on… we need our new (and old) mates!! 😉 😛 😀
Ek het hierdie al voorheen gelees, en ek hét kommentaar gelewer. Blogs het die wêreld vir my oopgemaak. Ek lees en skryf en ‘brag’ eerder op blogs as wat ek koerant en tv nuus lees en kyk. Baie meer opbouend.
Blogs is maar eintlik net ‘n skryfruimtetjie vir mense soos ons wat gedagtes wil deel. Newwermaaind die ouens wat dink dis brag. Mens hoef nie te lees as jy nie wil nie, so as iemand dwars in die krop gesteek voel, moet hulle maar die spasie vermy. Wat wo!