Hoe langer ek aan vandeesweek se onderwerp dink, hoe meer besef ek dit sal maar die storie van een reënerige oggend lank, lank gelede moet wees.
Laatlam het as hoërskoolseun sy eie “man cave” gehad, nl. sy slaapkamer. Ek het maar selde daardie grot betree, om trauma sowel vir hom as vir my so ver moontlik te beperk.
Dié oggend was hy egter reeds laat, die wekker is telkens doodgedruk en ek was goed de vieste in. Briesend storm ek die pikdonker kamer binne en trap met my kaalvoete en volle gewig bo-op ʼn warm hondelyf.
Appel was ʼn kruising tussen ʼn staffie en ʼn bokser, ʼn liewe, goed-geaarde, ronde bruin hond, die rustigheid vanself, maar daardie oggend was hy die slapende draak van die grot, wat niemand moes wakker maak nie. Van pure skrik hap hy aan my voet en my bene swik onder my, sodat ek bo-op die arme ou dier te lande kom.
My ongesensorde uitroepe en die hond se getjank het darem gesorg dat Laatlam so helder wakker was dat hy jouwarempel nog die skoolopening kon bywoon…
Hilaries. ‘n Metode met ‘n waarborg van baie gou opwakker – jy moes dit elke oggend gebruik het!
Ha – my voete sou soos ‘n sif gelyk het!
Mees effektiewe alarm wat ek al van gehoor het!
Altyd as ek lees van julle avonture en die vroeg-opstaan wat daarmee gepaard gaan, dan glimlag ek oor julle seuntjie, wat grootgemaak word om goue vroeg-oggende te waardeer en te geniet.
Die ge-opstanery voor die hoenders is nou maar eenmaal n de Wet kwaal, Tannie Frannie! Ons is so bang iets gebeur en ons mis dit! 😀
Dis nie ‘n kwaal nie, dis ‘n talent!
Haha, ek kan dit so in my geestesoog sien afspeel, want ek het ook vir baie hare daardie “Staan nou op!” stryd elke dag van my lewe gestry.
Het hom een oggend natgegooi en toe hy verder slaap met sulke blink borreltjies wat hy in die water blaas, soos die slegste ma op aarde gevoel.
😀 😀 wat het hy te sê gehad toe hy wakker geword het?
Ek kan glad nie onthou nie – dink ek het dit doelbewus vergeet!
Dit blyk hy het groter as jy of die hond geskrik. 😉 hy het skoon wakker geskrik.
Goeie woordspeling!
Ha ha, daardie “mangrot” klink bekend. Gelukkig is my seun n vroeë opstaner. Maar die grotlewe is nogal dieselfde. Het ook maar die kamerdeur toegetrek as hy uit is. Dankie vir jou vertelling.
Terug pieng: Toeka-Tokkel no 20: Die see (vervolg) – I scrap 2
Dankie vir jou Toeka-Tokkel, dit kry ons aan die skryf en gesels!
Kostelik!
Die grot! So ‘n goeie beskrywing. Hoe bly is ek daardie dae is verby. Om tienerskap redelik ongedeerd te oorleef is nogal ‘n oorwinning.
Janee – vir ouers EN kinders!
Weet nievir wie ek die jammerste is nie!! Arme ma wat in daai grot moet in!! 😉
Haha, en vandag gee daardie einste “grotman” vir sy ma onderdak!
Ma se ma-grot!! 😉