Die arme sondebok waarop die ou Israeliete hulle sondes gepak het en wat hulle dan die woestyn ingejaag het, is vir my ʼn ontstellende storie.

Tog speel ons eie weergawe van hierdie verhaal hom soms hier af. My liewe skoondogter dra die hele huishouding: sy versorg ʼn veeleisende kleuter en ʼn klein babatjie; sien om na ʼn bedorwe eggenoot, nl. Laatlam; tree vir ouma in die bresse; sorg dat die katte se kosbak vol is…

Maar ons trap almal baie mooi in ons spoor op daardie seldsame oggend wanneer sy die hond toesnou: GAAN LÊ!!

Muis 1

Advertisements