ʼn Mens kon dit nie miskyk nie: Polaris, die helder ster laag teen die noordelike horison. Toe ek in die VSA gekuier het, op aand-uitstappies saam met my dogter en haar liewe man, het ek maar altyd weer daarna gesoek, om dit te bewonder. Daar is ander sterre wat helderder skyn, maar die noorderster vervul ʼn besonderse rol: dit is ʼn betroubare wegwyser na Noord, omdat dit feitlik reg bokant die Noordpool geleë is.

My kind is gelukkig daar in Amerika; sy en haar man voel dat hulle ʼn verskil maak in die lewens van die kindertjies na wie hulle as huisouers omsien.

DJ Opperman het die versugting van ʼn ouer so goed verwoord:

Watter kaart of watter ster sal ek jou wys om veilig deur die grysland heen te reis?

My kind het self die noorderster gaan vind – en sy’s gelukkig.

Advertisements