Was nog maar altyd manies…maansiek…met die maan gepla.

Ek onthou die wonderlikste aande: kindertyd se wegkruipertjie in die helder maanlig; koel witwyn saam met Beethoven se maanligsonata; klam seesand en glinsterende branders; huis toe ry na ‘n lang werksdag met die maan soos ‘n koperskinkbord laag teen die horison.

Psalm 8: 2 Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!

Advertisements