Op laerskool het ons oor die kat geleer: hoe slim sy fluweelpote die doringnaels wegsteek en hoe sy keel vibreer as hy tevrede voel.

Daar is geen beter metgesel as mens moet sit en werk, of as jy drieuur in die nag wakker skrik nie.

Hier is Snowy > Spokie > Terre’Blanche > Terr > Pangar > Lelik, die kat van vele name, die sonvanger-dakkat wat soms soos ‘n hondjie na my toe aangehardloop kom, in die dae toe sy nog altwee haar ore gehad het.

100_0340Ounooi se bed

En dit is Skoonlief, my katjie wat in Oktober 2013 oorlede is en na wie ek nog steeds, elke liewe dag, verlang.

Advertisements