https://wordpress.com/read/feeds/23430642/posts/986410771

Hier kom ek aangeskarrel om in te haal op die jongste uitdaging…

A staan vir asemhaal – daardie onwillekeurige handeling wat dit vir ons moontlik maak om op hierdie mooi aarde te leef.

B staan vir broer – my boetie by wie ek oor die Kerstyd kon gaan kuier.

C staan vir Christus – my Verlosser.

D staan vir donkie – nou nie dat ek donkies ken nie, maar hulle is sulke wonderlike, potsierlike diere.

E staan vir engele – meer spesifiek kindertjies se spanne beskerm-engeltjies wat so hard werk.

F staan vir fietsie – my kleindogtertjie Gabby se pienk plastiekfietsie waarmee sy en ek al sulke heerlike uitstappies beleef het.

 

Advertisements