*My kleindogtertjie – een jaar en elf maandjies oud

  • Uitgaanklere word die vinnigste vuil.
  • Kos wat vir die hond van die eetstoeltjie af gegooi word, is die soort waarvan die brak niks hou nie.
  • Vetkryt teken die lekkerste op die oppervlak wat die moeilikste skoonmaak.
  • Klouter en klim is die beste waar ouma nie kan bykom nie.
  • Weghardloop vir ouma is die grootste pret.
  • Wanneer daar ‘n keuse is van wat om te gryp, sal dit die gevaarlikste voorwerp wees.
  • Die graad van stilte staan in direkte verhouding tot die graad van kattekwaad wat aangevang word.
  • Hoe later, hoe kwater.