Dankie aan Tina van Rondomtaliedraai wat my genomineer het!

In ons kantoorkombuisie was daar van die Huletts-suikerpakkies met die aanhalings agterop. Terwyl mens gewag het vir die ketel om te kook, kon jy een of twee lees. Hierdie pakkie het ek huis toe gevat en in ‘n dagboekie gebêre:

To know how to grow old is the master-work of wisdom, and one of the most difficult chapters in the great art of living – Henri Frederic Amiel

Ek het gaan Googleloer – Amiel was ‘n Switserse filosoof, digter en kritikus. Hy het net sestig jaar oud geword en dus nie juis die ouderdom aan eie lyf gevoel nie! Dis seker maar wat ‘n filosoof onderskei van gewone mense: dat hy sulke diep insig het in sake wat hy nie self beleef nie?

Advertisements