So ‘n gelade tyd – die dae rondom die jaarwisseling!

Ek het drie kuiers met drie kosbare vriendinne wie se name almal met M begin in die vooruitsig:

Vanoggend gaan ek en my katvriendin saam eet. Ek het al oor haar op die Litnetblogs geskryf – sy lê my baie na aan die hart.

http://blogs.litnet.co.za/frandr/2013/08/10/kampvegter-vir-katte-vir-henry-en-tina/

Vanaand, na kerk, gaan ek en ‘n ander M na ‘n oujaarskonsert toe. Sy het ‘n pad met my en my gewese liefling gestap toe ons huwelik besig was om te verkrummel. Hieroor het ek nie geskryf nie en weier ek om vandag oor te dink. Sy het ‘n dierbare vriendin geword.

More gaan ek en die derde M fliek. Oor haar het ek ook al vertel.

http://blogs.litnet.co.za/frandr/2012/08/09/kosbaar-soos-perels/

Hoe geseënd is ek om tyd met hierdie vroue te kan deurbring!

Nog ‘n groot seën in my lewe is julle almal wat hier lees en skryf. Dankie vir julle meelewing en virtuele vriendskap. Mag julle almal ‘n wonderlik voorspoedige 2015 beleef!

Advertisements