Een goeie raat teen die ouderdom is die geselskap van jongmense. Die afgelope naweek was ek so bevoorreg om die afrondingskamp van ons gemeente se finalejaar-katkisante te kon bywoon.

‘n Entjie buite Reyten staan ‘n trein geplant, onderdak en met ‘n lekker lang stoep. Die eersteklastrok spreek van vergange elegansie – pragtige hout, groot spieëls, leunstoele, dubbelbeddens, en suite-badkamers. Die eienaar van die plek is ‘n eklektiese versamelaar: voertuie staan orals rond, van ‘n Casspir tot ‘n ossewa, ‘n trekker, twee spaaiders, ou motors, selfs ‘n lokomotief. Die ou jukebox op die stoep laat my met heimwee aan my eie jeug dink…

100_1620

Ons het hard gewerk en tussenin lekker gespeel (Stomstreke, Noot vir Noot, Thirty Seconds, Masterchef).

Terug in Pretoria het ek vandag soveel energie gehad dat ek op een dag sowel die UIF as SARS aangedurf het!

Advertisements