Haar ogies blink van ingehoue genot. Soms – net soms – kraai sy van plesier. ‘n Leeftyd se liedjies sing, stories lees, gediggies voordra, het my daarop voorberei om my kleindogtertjie te vermaak. ‘n Meer waarderende gehoor sal jy nêrens kry nie.

Advertisements